Beplan jy om jou kombuis ‘n nuwe look te gee, of is jy maar net lus om na pragtige foto’s van ander mense se kombuise te kyk? Hierdie 9 voorbeelde is propvol idees in terme van kleure, uitlegte en patrone, en die beste van alles is dat geen twee kombuise dieselfde styl het nie – wat beteken hier is nou regtig ietsie vir almal!
Slank, stylvol en minimalisties – nou nie almal se smaak nie, maar definitief ‘n ontwerp wat aanklank sal vind by sommige.
Die stylvolle afwerkings en dekadente beligting maak hierdie kombuis beslis‘n gunsteling vir baie.
Niemand sê jy mag nie prettige dekor byvoeg om jou kombuis so uniek soos jy te maak nie!
Ons is altyd in vir ‘n neutrale kleurskema, maar verstaan ook die belangrikheid van kleur, soos hierdie helderrooi tafel.
‘n Eiland met lekker gemaklike stoele is altyd ‘n wenner, aangesien dit stylvol én prakties is.
Mens se kombuis is tog ‘n werksplek; dus, moenie van kaste en laaie vergeet wat lekker baie stoorplek tot jou spasie kan voeg nie.
Vir ‘n tikkie geheimsinnigheid, stel ons donker kleure voor, soos hierdie kaste en beligting bewys.
Shabby chic gaan definitief altyd in die mode wees; dus sal ons altyd stem vir ‘n huislike, rustieke voorkoms.
Hout is nou maar een maal ‘n betroubare materiaal, aangesien dit so lekker veelsydig is in terme van kleur, tekstuur en styl. Hierdie hout eiland is ‘n droom wat sjarmant én prakties is!
Vir nog meer voorbeelde, loer bietjie na hierdie 36 foto’s van kombuise om jou te inspireer.