​Die huis wat heel kreatief kontrasteer

Johannes van Graan Johannes van Graan
Vivienda Unifamiliar en Coro, Objetos DAC Objetos DAC Pool
Loading admin actions …

Vandag se homify 360° ontdekking neem ons na sonnige Venezuela, waar ‘n moderne familiehuis ons inspireer met styl, sjarme, spasie, kleure, patrone en al die ander belangrike elemente wat ons almal graag in ons huise wil geniet.

Plus, hierdie woning spog ook met een van die heel belangrikste dingetjies ooit – ‘n paradys agtererf, met stoep en swembad, wat heeltemal groot genoeg is vir ‘n ordentlike kuier saam met die vriende.

Maar moenie vir ‘n oomblik dink dat jy kan raai wat om die volgende hoek wag nie…

Die aanloklike voorkant

Hoe bekoorlik lyk hierdie skepping nie aan die voorkant nie! En alhoewel ons nou niks wil weggee nie, kan ons wel sê dat dit wat aan die buitekant gewys word heeltemal kontrasteer met dit wat binne wag…

Die meer moderne agterkant

Ons merk ‘n groot verskil in styl op wanneer ons die huis se agtererf verken, want wat begin het as ‘n meer koloniale skepping voor neem ons na ‘n baie meer moderne ontwerp aan die agterkant. 

Maar dit nou daar gelaat, wat dink jy van hierdie verfrissende erfie met die swembad, netjiese tuin, afdak stoep en nog vele ander elemente wat ons sommer ordentlik jaloers maak?

Nog meer kontras

Die kontrasterende tema duur voort aan die binnekant, waar verskillende materiale en kleure heerlike aandag geniet, veral hier in die sitkamer. Kyk net hoe lieflik laat daardie helder oranje en lig groen mekaar uitstaan? En die idee om die een muur met klip te versier sodat dit ‘n fokuspunt kan word, met tamaai groot spieël en al? So slim en super stylvol!

Spasie vir elegansie

Waar die sitkamer heerlik bekoorlik was, geniet die eetkamer ‘n baie meer elegante ontwerp – en kyk net hoe verskil hierdie vertrek se kleure met die sitkamer s’n. 

Dis mos so duidelik soos daglig dat hierdie woning dit geniet om die een verrassing na die ander op te tower – sal ons sien of daar nog is?

Vir nog meer inspirasie, kyk net na Die pragtigste huis in Pretoria.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine