​10 veranderinge wat aan jou ‘n netjieser huis gaan besorg

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Living room
Loading admin actions …

Dis nie aldag maklik om meer spasie in ‘n huis te verkry nie, veral nie wanneer mens nie sommer net ‘n ekstra vertrek kan aanbou nie. Dit beteken dat mens maar die beste moet maak met wat mens het – en gelukkig is dit nie onmoontlik nie, mits jy bietjie opruim en skoonmaak!

Vandag beloer ons 10 maniere om bietjie ekstra spasie te spaar en wat jou huis (van die kombuis tot die badkamer) sommer ook netjieser gaan laat lyk…

1. ‘n Aantrekkamer

Dit maak net sin om jou klerekas en aantrekplek as een spasie te hê, aangesien dit spasie spaar en meer gemaklik is. Maar natuurlik sal die eindresultaat netjies en skoon gehou moet word!

2. ‘n Kombuis met ‘n minimalistiese styl

Dis geen geheim dat die kombuis maklik die slordigste vertrek in ‘n huis kan wees nie. En dis presies hoekom daarop gefokus moet word om hierdie spasie skoon te hou, nie net omdat daar met kos gewerk word nie.

Kyk bietjie na hierdie minimalistiese ontwerp wat gebruik maak van skoon oppervlak areas en sagte, neutrale kleure – hoe sal hierdie styl in jou kombuis lyk?

3. Kies klere hangers

Dit klink dalk eenvoudig, maar dis waar: hierdie ontwerp laat jou toe om twee laë klere in jou kas te hê, met die boonste ry wat heel gemaklik toegangklik is danksy daardie aftrekmeganisme.

4. ‘n Hoekkas

Dit gebeur heeltemal te veel dat hoeke leegstaan in ‘n huis, of met ‘n eenvoudige tafel en blompot gevul word – wat van ‘n ordentlike kas met laaie en als om bietjie stoorplek te skep?

5. Gebruik leë muurspasies

Nie elke huis het ‘n nis nie, maar as joune een of ‘n paar het, sal ons graag wil weet hoe jy dit gebruik.

Hierdie huiseienaars verkies om hulle s’n op te vul met hangrakke wat nie net stylvol lyk nie, maar ook lekker prakties is vir stoorspasie.

6. Deursigtige materiale

Dis ‘n feit dat deursigtige materiale, soos glas en plastiek, ‘n vertrek nog groter laat lyk; so wat ons voorstel is ‘n slim en stylvolle ontwerp, soos wat hierdie badkamer voorbeeld vir ons wys.

7. Slim spasie vir skoene

Niemand wil hul kasdeur oopmaak en oorval word deur skoene nie. Gelukkig gaan hierdie slaapkamer nie daardie probleem hê nie, danksy daardie slim ontwerp wat skoene so oulik en stylvol stoor sonder dat hulle opmekaar gestapel word. 

En natuurlik help die spieëldeur ook om die slaapkamer soveel groter te laat lyk.

8. ‘n Netjiese ingang

Hoe lyk die ingangsportaal van jou huis? As dit ‘n deurmekaar gemors is met skoene, baadjies, sambrele en ander goed, loer gerus na hierdie maklike manier om bietjie stoorplek by te voeg.

9. Funksionele kombuise

Hier is 'n wonderlike manier om items in die kombuis te stoor. Kyk hoe die rakke soos 'n laai uitgetrek kan word, wat maklike toegang bied wanneer dit by diep kaste kom.

10. Badkamers wat slim en stylvol is

Vir badkamers wat groot gesinne moet akkommodeer, stel ons so ‘n tipe ontwerp voor: ‘n kas met ingeboude stoorrakke en laaie wat enigiets van handdoeke tot sjampoe kan stoor.

Plus dit lyk ok so stylvol!

Loer gerus na hierdie 8 Klein badkamers waaroor jy dol gaan wees.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine