​29 foto’s van baie klein kombuisies vir jou huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
Ristrutturazione SG, arCMdesign - Architetto Michela Colaone arCMdesign - Architetto Michela Colaone Modern kitchen
Loading admin actions …

Die meeste mense droom daarvan om ‘n groter kombuis in hul huise te hê, veral dié wat hou van kook en onthaal rondom die kospotte. Maar die waarheid is dat spasie al hoe minder raak, wat natuurlik beteken huise (en kombuise) is beslis nie meer so groot en ruim soos wat hulle in die goeie ou dae was nie.

Maar dis nie noodwendig slegte nuus nie, want as daar nou een ding is wat ons hier op homify weet is dit dat jy nie baie ruimte nodig het vir baie styl nie – inteendeel, jy kan nog steeds ‘n heel lieflike kombuisie optower met die regte kleure, patrone, meubels en toestelle in die kleinste van spasies, net soos wat hierdie 29 foto’s vandag aan jou gaan bewys…

1. Kyk net hoe baie stoorspasie geniet hierdie bekoorlike kook hoekie.

2. Sien jy hoe belangrik is sagte kleure in ‘n klein spasie?

3. Hierdie L-vormige uitleg staan beslis uit danksy sy helder-wit skakerings en briljante beligting.

4. Maar natuurlik is so tikkie patroon altyd welkom, veral om die mure bietjie karakter te gee.

5. ‘n Ooplan leef-en-kook area is ‘n moet vir klein huise.

6. Moenie vergeet om soveel natuurlike beligting as moontlik na binne te bring nie.

7. Kyk net hierdie kombuis se subtiele ontwerp danksy daardie elegante kaste.

8. Maak seker jou klein kombuis geniet genoeg beligting by elke werksoppervlak.

9. Klein maar getryn – hierdie uitleg is perfek vir kook en kuier.

10. Onthou om jou eie unieke styl in te bring d.m.v. dekor.

11. Kyk net hoe lekker staan hierdie vlekvrye-staal toestelle uit.

12. ‘n Glasdeur (wat skuif) is perfek om jou kook- en leef areas te skei.

13. Hoe meer laaie, hoe beter – ‘n klein kombuis kan so maklik beknop en deurmekaar lyk.

14. Minder is mos meer, veral as jy hou van ‘n stil styl soos dié minimalistiese ontwerp.

15. Onthou dat jou wasbak, stoof en yskas ‘n driehoek moet vorm, wat heel maklik uitwerk in ‘n U-vorm uitleg .

16. Kyk hoe aangenaam lyk hierdie klein eettafel gelas aan die eiland.

17. Met klein spasies is dit beter om eerder net een element helder in te kleur, soos hierdie geel kaste.

18. Die moderne toestelle en sagte kleurskema verleen ‘n elegante styl aan hierdie kombuis.

19. Moenie dink dat kunswerke glad nie in ‘n kombuis hoort nie!

20. Wie’t gesê jou kombuistoonbanke mag nie helder en kleurvol wees nie?

21. ‘n Stoel of twee en siedaar: jou eiland word ‘n informele eet/werksplekkie.

22. As jy dink dat sagte neutrale kleure vervelig is, sal hierdie ontwerp jou twee keer laat dink.

23. Kyk net watse lekker rou karakter verleen hierdie hout aan die toonbank en kaste!

24. Ons is absoluut mal oor hierdie kombuisie se glasdeur kaste.

25. Monochroom sal altyd sag en elegant wees – en dis perfek vir klein vertrekke.

26. Al is hierdie kombuis net ‘n paar treë wyd, bied hy nog steeds al die noodsaaklikhede met soveel styl.

_c a s a | S _, RO|a_ RO|a_ Kitchen

27. ‘n Bietjie blinkgeid met jou dekor en toestelle sal help om die lig te versprei en die spasie groter laat lyk.

28. En natuurlik is ‘n plant/blom of twee noodsaaklik om jou kombuis vars, mooi en kleurvol te hou.

29. Kyk hoe baie potensiaal voeg daardie rak by in terme van stoorplek en kleur!

Moenie hierdie 25 ontwerpwenke vir klein vertrekke misloop nie.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine