Watse slaapkamer pas by jou sterreteken?

Johannes van Graan Johannes van Graan
Таунхаус в г.Краснодар, Design Studio Details Design Studio Details Bedroom
Loading admin actions …

Nie seker watse kleure (en patrone en teksture en materiale… ) om te kies vir jou slaapkamer nie? Laat dit aan ons oor, of eerder die heelal, om te besluit watse styl jou slaapkamer verdien.

Natuurlik glo nie almal aan sterretekens nie, maar niemand kan stry dat dit nie as interessante vermaak geniet kan word nie. Dus, of jy dit nou ernstig opneem of nie, loer gerus na ons lys hier onder en besluit self of jy met jou gekose styl saamstem…

1. Waterdraer: Jou kamer moet uitstaan en jou kreatiwiteit aandui. Voel vry om materiale en kleure te meng, aangesien jy jou eie kop volg.

2. Maagd: As ‘n sensitiewe denker verkies jy netjiese lyne, sagte kleure en gemaklike spasies waar jy net rustig kan ontspan.

3. Bul: Dink warm kleure, luukse lakens, en houtteksture, aangesien jou sterreteken ‘n sterk verbintenis met die aardse element het.

4. Tweeling: Om by jou kreatiewe natuur te pas, gaan vir ‘n eklektiese ontwerp, asook foto’s van vriende om jou sosiale eienskappe te weerspieël.

5. Steenbok: Jy is ambisieus, so jy kort ‘n gestruktureerde ontwerp en unieke dekor om by jou smaakvolle styl te pas.

6. Leeu: Jy heers oor die diereriem en daarom hoort jy in ‘n weelderige omgewing: fluweel gordyne, kristal beligting en kussings van satyn is vir jou bedoel.

7. Weegskaal: Vir balans, kombineer ligte en donker kleure, sowel as helder beligting en hoë vensters wat min lig inlaat.

8. Skerpioen: Jy kort ‘n ontwerp net so dramaties soos jy – onverwagse kleure, treffende muurpapier, en beddegoed van pels om aandag te geniet.

9. Boogskutter: Jy is avontuurlustig, dus is jou kamer eenvoudig en geniet natuurlike kleure, alhoewel jou dekor van jou menigte reise vertel.

10. Kreef: Jy hou van eksotiese patrone, kontrasterende kleure en unieke dekor, maar verkies ook ‘n gemaklike spasie wat sag en veilig is.

11. Ram: Growwe teksture, ongewone rakkies en treffende kunswerke om by jou vurige en passievolle persoonlikheid te pas.

12. Visse: Jou dromerige natuur word weerspieël deur ligte kleure, waterverf skilderye, en ‘n sagte styl waarin jy daagliks ontsnap van die werklikheid.

Hier is nog 13 droom idees vir jou slaapkamer net indien hierdie nie vir jou werk nie.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine