​26 fantastiese idees vir klein kombuise

Johannes van Graan Johannes van Graan
kleine Küche, raumdeuter GbR Berlin raumdeuter GbR Berlin Modern kitchen
Loading admin actions …

Wat beteken ‘n kombuis vir jou? Is dit die vertrek waar jy heerlike etes met jou familielede geniet; die samekoms van die vriendekring rondom kookpotte en ‘n glas wyn; of die spasie waar jy met verskillende resepte en bestanddele rondspeel?

Al is jou idee van die perfekte kombuis al hierdie of iets heeltemal anders, weet ons almal hoe ‘n klein kombuis daardie idee van die perfekte kook- en kuierplekkie kan verander – maar dis nie noodwendig ‘n slegte ding nie, aangesien ons vandag met 26 idees gaan pronk oor hoe om ‘n klein kombuis nog steeds heel stylvol (en aanloklik, vriendelik, gemaklik en verwelkomend) te maak…

1. Wie’t gesê jy kort baie spasie om kleure, patrone en karakter te skep? Kyk net hoe oop en aanloklik lyk hierdie teëlmuur.

2. ‘n Klein oppervlak is al wat nodig is om ‘n informele eet- (of werks)spasie te skep.

3. ‘n Sagte kleurskema en moderne beligting kan enige kombuis heel treffend laat lyk.

4. ‘n U-vormige uitleg is ideaal vir klein kombuise.

5. Maak seker jy is slim met stoorspasie om nie daardie vertrek beknop te maak nie.

6. ‘n Lekker groot venster om baie lig in te laat – so eenvoudig, dog so treffend!

7. Minder is mos meer, en dis hoekom die minimalistiese ontwerp so baie aandag geniet.

8. Wie’t ooit gedink ‘n hele kombuis kan agter ‘n eenvoudige kasdeur pas?

9. Natuurlik kan jy met verskillende style rondspeel om ‘n eklektiese ontwerp te geniet.

10. Die rustieke styl verskaf karakter en is nie net vir groot vertrekke bedoel nie.

11. Kontrasterende kleure kan lekker saamwerk, mits jy dit nie oordoen nie.

12. Ons is mal oor die elegante styl wat hierdie ligte kleure en vlekvrye oppervlaktes aan dié kombuisie verleen.

13. ‘n Moderne houtkombuis kan heel skoon, lig en oop voorkom.

14. Jou muur is nie net bedoel om mooi te lyk nie – gebruik dit om uit te help met stoorspasie!

15. Retro is terug, danksy helder kleure, treffende patrone en kleurvolle toestelle.

16. Of dalk soek jy iets meer sag en elegant vir jou klein kookspasie?

17. Van laaie en kaste tot muurhakies, kyk net hoeveel opsies is daar om jou klein kombuis netjies te hou.

18. Aangesien ‘n vertrek se kleur ‘n groot rol speel, dink mooi aan die tema en gevoel wat jy in jou kombuis wil skep.

19. ‘n Teëlontwerp met kleure en patrone is altyd ‘n plesier.

20. Natuurlik kan ‘n lig-en-donker ontwerp ook perfek wees.

21. Ons is mal oor hoe hierdie kombuis moderne toestelle met rustieke meubels meng.

22. ‘n Baksteen muur kan ‘n lekker rou atmosfeer verseker, om nie eers te praat van daardie verruklike tekstuur nie.

23. ‘n Paar rakke teen die mure en jy het lekker spasie om te spog met jou reeks resepteboeke.

24. Moenie van ordentlike beligting vergeet vir ‘n klein spasie nie.

25. Hierdie klein tafeltjie met 2 stoeltjies is perfek vir ‘n lekker kuiersessie.

26. Lyk hierdie klein, klassieke kombuisie nie net so aanloklik en vriendelik nie?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine