​31 wonderlike rustieke badkamers

Johannes van Graan Johannes van Graan
Rustico con charme, Fabio Carria Fabio Carria Bathroom
Loading admin actions …

Nes enige ander vertrek in die huis, kan ‘n badkamer in enige styl ontwerp word – en ja, dit geld ook vir daardie style wat van rou en natuurlike materiale (soos hout en klip) gebruik maak. En vandag wil ons spesifiek fokus op die rustieke styl, aangesien geen ander ontwerp (in ons opinie, ten minste) soveel karakter het nie!

Natuurlik is daar verskeie opsies wanneer dit by badkamers se dekor en meubels kom, aangesien dit die vertrek se rustieke ontwerp nog soveel meer prominent kan maak – byvoorbeeld, het jy al gesien hoe treffend lyk dit as jy ‘n klassieke, goue-raam spieël teen ‘n growwe klipmuur hang?

Kom ons kry lekker rou inspirasie met hierdie 31 voorbeelde…

1. Niks kom by ‘n growwe baksteenmuur nie.

3. Rustieke hout gemeng met spierwit muurteëls? Dis mos nou unieke styl!

5. Ons is absoluut mal oor die Mediterreense vloerteëltjies in hierdie badkamer.

8. Moenie vergeet om daardie rou materiale met bietjie patrone te meng nie, nes hierdie muurpapier voorbeeld.

10. Wat dink jy van hierdie sementvloer wat oorspoel na die bad se ontwerp?

13. Smaak verskil; dus kan niemand jou kwalik neem as jy menigte natuurlike materiale wil meng in jou badkamer nie.

15. Die toppunt is natuurlik om Moeder Natuur in te lok d.m.v. ‘n tamaai groot venster.

17.

18. Soliede hout maak ‘n wêreld se verskil in hierdie rustieke badkamer.

19.

21. Hoe voel jy oor ‘n grasdak?

22.

23. Sementmure wat ons terg met ‘n klip ontwerp? Praat van lekker aandag trek!

26. Onthou om nie oorboord met jou kleurskema te gaan as jy so baie materiale meng nie.

27.

28.

29. Nog ‘n super suksesvolle kombinasie van klip en hout!

30. Natuurlik kan daardie rustieke materiaal gebruik word vir dekorstukkies, soos hierdie spieëlraam bewys.

31. En moet natuurlik nie van beligtig vergeet nie – dit kan jou hele vertrek se styl op sy kop keer!

Vir nog inspirasie, loer gerus na hierdie 16 badkamers met moderne en fantastiese storte!

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine