Noem dit bygeloof of streng stylreëls wat die waarheid praat, die punt is dat Feng Shui beslis iets is om oor na te dink. En al glo jy nie daaraan nie, kan jy nie stry dat om jou huis volgens Feng Shui te skuif definitief ‘n verskil aan jou spasie se styl maak nie.
Vandag beloer ons maniere wat, volgens Feng Shui nou, rykdom in jou lewe kan inbring, maar eers moet jy aan ‘n paar meubelstukke en dekor verander…
Vee daardie voorstoep, maak reg die stukkende lig, verf jou voordeur, ens. Rykdom gaan beslis in sy voetspore omdraai as jou ingang nie stylvol is nie.
In die wêreld van Feng Shui simboliseer water rykdom, dus maak dit sin dat jy daarvan moet insluit in jou huis. Fokus of dinge soos ‘n fontein, vistenk, kunswerke wat water uitbeeld, ens.
Dit maak mos sin, veral omdat jy met kos in jou kombuis werk! Maak ook seker dat jy gereeld jou yskas opruim en enige ou produkte (soos kruideniersware wat al verval het) uitgooi.
Of dit nou ‘n ou trui, skoene, of ‘n speelding uit jou kinderdae is, opgaar gebruik net onnodig spasie. Om jou huis gereeld skoon te maak en ontslae te raak van onnodige elemente verban ook negatiewe energie uit jou lewe (altans dis wat Feng Shui ons wil leer).
As jy voorspoed in jou huis wil geniet, werk met kleure soos rooi, pers of groen teen jou mure, meubels of matte. Onthou net om daardie kleur(e) met jou persoonlike smaak en styl te meng – dit ís jou huis!
Probeer varsheid en lewe in jou huis inbring met plante, veral dié met ronde blare en rooi blomme. Botaniese skilderye kan ook help!
Gepraat van plante, beloer gerus hierdie GROOT idees vir jou klein tuin en binnehof.