​Briljant: 8 klein huise wat skitter van buite en binne

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Garage/shed
Loading admin actions …

Ons is nie seker hoe die gerug begin het dat ‘klein’ nie ‘pragtig’ kan wees nie, maar vandag se stukkie behoort daai storie finaal te beïndig, want alhoewel hierdie 8 strukture nou nie die grootstes ooit is nie, weet hulle beslis hoe om aandag te trek met hulle stylvolle ontwerpe. 

Kom ons kyk hoe hierdie huise beïndruk aan die buite- en binnekant!

1. Buitekant: Die Asiatiese styl weet net hoe om stylvol te wees sonder om oorboord te gaan.

1. Binnekant: Hoe gereeld sien jy ‘n badkamer wat uitkyk op so ‘n lieflike Zen tuin?

2. Buitekant: Jy kan hierdie mikro struktuurtjie saam met jou vat, want hy’s op wiele

2. Binnekant: Als wat benodig word is so oulik ingerig.

3. Buitekant: Dié argitekte het gespeel met lyne en vorms om hierdie huisie ‘n uitstaan-ontwerp te gee.

3. Binnekant: As jy weet hoe om spasie te benut, kan selfs die kleinste hoekie perfek prakties gemaak word.

4. Buitekant: Daardie helder kleur is maar net een van die faktore wat aan hierdie huisie ekstra styl verskaf.

4. Binnekant: Wie sou kon dink hout van vloer tot plafon kan so indrukwekkend lyk?

5. Buitekant: ‘n Ligte kleurskema is beslis ‘n goeie idee vir klein (maar stylvolle) struktuurtjies, soos dié.

5. Binnekant: Die ligte styl word perfek oorgedra aan die binnekant, grotendeels danksy die kleure en dekor.

6. Buitekant: Met sy hoekies, dakkies en vensters wat so oulik uitstaan, lyk hierdie huisie heelwat groter as wat hy werklik is.

7. Buitekant: Selfs ‘n houthuisie, wat gewoonlik baie outyds en rustiek voorkom, kan heerlik modern gemaak word, selfs al is hy klein.

7. Binnekant: En dan verras die binnekant ons ook nog met so ‘n lekker eklektiese styl!

8. Buitekant: Die regte plantegroei kan ook help om ‘n huis meer “sag” en ruim te laat voorkom, veral aan die buitekant.

8. Binnekant: Omdat daar met die lengte i.p.v. die breedte gewerk is, word elke bietjie spasie perfek benut aan die binnekant!

Volgende op ons loerlysie: 12 foto’s van pragtige huise in Suid-Afrika.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine