​Die prentjiemooi styl van ‘n stokou huis

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa Antiga de 1923, Ricardo Moreno Arquitectos Ricardo Moreno Arquitectos Pool
Loading admin actions …

Vandag se homify 360° stukkie neem ons terug na die vroeë 1900s in Lisbon, Portugal. Hierso is waar jare se afskeep ‘n geboutjie in ‘n vervalle toestand gelaat het, maar dit het als verander die oomblik toe die nuwe eienaars besluit om die struktuurtjie ‘n splinternuwe styl te gee!

Die argitekte by Ricardo Moreno het beheer geneem van die projek, so kom ons kyk wat hulle aangevang het…

​‘n Pragtige styl

Die eienaars was baie duidelik daaroor dat hul huis die eienskappe van die oorspronklike struktuur moes behou, en soos ons hier kan sien is daar beslis ‘n klassieke “vintage” gevoel. En daardie tuin is net te bekoorlik!

​Die agtererf

Maar sodra ons die agtererf betree (waar die stoep en swembad geleë is) verander die styl onmiddelik in iets meer modern. Maar tog kontrasteer die oud en die nuut heerlik saam!

Wat dink jy?

​Die perfekte kuierplek

Dis duidelik dat rus en ontspanning belangrik is vir hierdie inwoners, want kyk net hoe ruim en pragtig daardie agtererf werklik is! En dan praat ons nie eers van die treflike tuin wat hope kleur en varsheid verseker nie.

Kom ons beloer so paar foto’s wat die huis se binnekant wys…

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine