​9 voorbeelde van U-vormige kombuise vir jou inspirasie

Johannes van Graan Johannes van Graan
Small U Shaped Kitchen , Elan Kitchens Elan Kitchens Modern kitchen
Loading admin actions …

Kombuise bied soveel opsies, en ons praat nou nie net van kleure en style nie: van lineêre uitlegte en L-vormige ontwerpe tot oopplan kombuise-en-eetkamers, kan mens kies en keur totdat jy die perfekte uitleg kry wat by jou styl en spasie pas.

Vandag beloer ons een van die gewildstes: die U-vormige uitleg, wat by groot en klein spasies kan pas. Voeg daarby die feit dat hierdie uitleg al jou kombuis toestelle lekker naby mekaar plaas, en ons kan heeltemal verstaan hoekom soveel ontwerpers en argitekte met hierdie opsie gaan.

1. Hout was die perfekte keuse vir hierdie klein-maar-briljante uitleg.

2. Danksy die moderne styl wat neutrale kleure en pragtige teksture so lekker meng, vergeet mens skoon van hierdie kombuis se min spasie.

3. Marmer kan omtrent aan enige vertrek ‘n ordentlike dosis van elegansie besorg.

4. Hierdie klein kombuisie het al sy toestelle naby mekaar, genoeg stoorplek en ook nog ‘n lekker “breakfast bar” – wat meer wil mens hê?

5. Ons is mal oor hierdie ronde hoekie wat ‘n tikkie sagtheid aan hierdie kombuis verleen.

6. Hierdie U-vormige kombuis smelt skoon weg danksy al daardie wit!

7. Die kombinasie van marmer, hout en staal bied ‘n super moderne skoonheid aan hierdie kombuis.

8. Wie’t gesê teëltjies is slegs bedoel vir die badkamer?

​9. En gepraat van patroon, ons is mal oor die pamantige blokkies wat karakter en kleur aan hierdie uitleg verleen.

Van een vorm na ‘n ander – hier’s 9 foto’s van ‘n L-vorm kombuis vir jou inspirasie.

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine